Goukou Plaaswag Lidmaatskap Aansoek
Goukou Plaaswag Lidmaatskap Aansoek
Lidmaatskap
Jou eerste stap tot veiligheid
Ons kan nie net vir onsself en ons eie gesinne uitkyk nie. Daar is oral weerloses en kwesbares wat van die sterker en jonger mense se hulp en beskerming afhanklik is.

Misdaad raak almal, dit kyk nie na ras, geslag, politieke verband of kerkverband nie. Dit soek die swak plekke en val daar aan. In die tye waarin ons nou leef, neem misdaad hand oor hand toe. Plaasaanvalle, inbrake, veediefstal, voertuigdiefstal, stropery, smokkelary, dwelmhandel, noem maar op.

Sindikate bring selfs mense vanuit ander omgewings om in ons gebiede hulle misdade te kom bedryf. Kom ons wees die oë en ore vir die Polisiediens om hulle hande te sterk in die stryd teen misdaad.

Bo en behalwe misdaad, is daar ook ander tipes insidente waar ons mekaar kan en moet help soos veldbrande, oorstromings, en so meer. Party van ons beskik oor spesiale vaardighede, toerusting, voertuie en so meer waarmee ons mekaar kan bystaan.

Laat ons saamstaan om die gebied wat ons ons tuiste noem, veilig te maak. Vir onsself, ons gesinne, ons werknemers, ons bure, ons kwesbares, ons besittings, in kort, vir alles wat vir ons saak maak.
Hoe word ek 'n lid?

Voltooi die ELEKTRONIESE LIDMAATSKAP AANSOEK hieronder
Hierdie is ons verkose manier.
Help ons om Papier te spaar deur u aansoek elektronies te voltooi.
Ons kan u elektroniese aansoek ook baie vinniger verwerk.
Eendrag Maak Mag - Ex Unitate Vires
Sáám vorm Goukou Plaaswag-lede 'n onbreekbare ketting. Sorg dat jy nie die swak skakel in die ketting is nie...
  • Sluit aan! Sluit aan! Sluit aan!
  • Beveilig eers jou eie plek en dié van jou werknemers.
  • Leer jou gesin en werknemers om uit te kyk vir vreemde/verdagte voertuie of objekte of persone of beweging, veral in die nag, en dit dadelik aan te meld.
  • Ken jou bure, jou omgewing, jou diensverskaffers, asook die betrokke polisiebeamtes.
  • Sluit aan by die radiokommunikasienetwerk, hou dit in goeie toestand en maak seker almal weet hoe om dit te gebruik.
  • Stoor alle noodnommers op jou selfoon en gee dit ook aan jou gesin en werknemers.
  • Sluit by die relevante WhatsApp-groepe aan.
  • Hou jou wapens in goeie toestand en te alle tye buite die bereik van verkeerde hande.
  • Sorg vir 'n goeie vertrouensverhouding met die mense om jou, jou bure en jou werknemers.
Die veiligheid van elke mens, dier, gebou en implement in ons direkte omgewing is in ons hande …
Algemene Bydraes en Befondsing
GKP is ‘n vrywillige, nie-winsgewende organisasie. Besigheidsborge (aan wie ons dekking op ons webblad kan bied), sowel as privaat- en besigheidsdonasies stel ons in staat om toerusting, bv. vir ons patrollielede, te kan aankoop. Om opleiding in die verskillende aspekte van die Plaaswag te kan bied en om die koste van insidente, soos bv. brandstofkoste tydens brande en nood, te dra.
1. Voltooi die aanlyn aansoekvorm om lidmaatskap hieronder.
2. Bevestig jou aanvaarding van die volgende:
  • Lidmaatskapreëls
  • Gedragskode
  • Radio gebruik ooreenkoms
  • Termes en Voorwaardes volgens die Beskerming van Persoonlike Inligting Wet (POPI Act)
3. Stuur dit deur op die Stuur skakel aan die einde van die vorm te klik.






























Kies / Vee Uit Lyn *Naam & Van Huidige Ouderdom Sel Nommer ID Nommer of Geboorte Datum (YYMMDD) Roepsein













    Ek doen hiermee vrywillig aansoek om Lidmaatskap van GOUKOU PLAASWAG en ek aanvaar die
    • Grondwet, en
    • Gedragsreëls, en
    • Radiogebruiksooreenkoms
    • as bindend.

    Ek onderneem om by alle reëls wat deur GOUKOU PLAASWAG neergelê is, te hou.
    Ek vrywaar GOUKOU PLAASWAG van
    • enige skade, verliese en/of enige eise wat mag voortspruit uit my vrywillige werksaamhede vir of ten behoewe van GOUKOU PLAASWAG.
    Ek onderneem, dat ek
    • Aan geen aksie in die naam van GOUKOU PLAASWAG sal deelneem terwyl ek onder die invloed van drank, dwelms of enige verdowende medikasie is nie.
    • Die naam van GOUKOU PLAASWAG te alle tye hoog sal hou; en my nie skuldig maak of sal maak aan die gebruik van onwelvoeglike taal, rassistiese / seksistiese opmerkings nie; en dat ek alle mense met respek sal behandel.
    • Alle padreëls gehoorsaam, en nie gevrywaar is daarvan nie.
    • Die maandelikse lidmaatskapfooi betaalbaar aan GOUKOU PLAASWAG van R30.00 per persoon of R50.00 per gesin, stiptelik sal betaal.
    • Die Algemene Jaarvegadering sal bywoon
    • Beskikbaar sal wees vir opleiding een keer elke ses maande
    • Beskikbaar sal wees en gereeld sal aanmeld om patrollie op my eie roete te ry.

Deur hierdie blokkie te voltooi aanvaar ek/ons die bovermelde reëls en verskaf ek/ons enige persoonlike inligting soos bo, vrywillig soos gedefinieer in die POPI Wet en aanvaar ons die Goukou Plaaswag se beleid oor die Privaatheid van Inligting soos uiteengesit by Privacy Policy